Verskeie Bloemhoffers is ywerige perderuiters en veral die Dercksen-susters, Anje en Madine, en hul niggie Sophia, vaar uitsonderlik in hierdie sportsoort.

Madine, ’n graad 11-leerder, is aangewys as die kaptein van die senior Protea-ruiterkunsspan, ’n prestasie wat ook reeds deur haar en Anje se ouer suster, Denielle (tans ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch) behaal is.

Die ruiters het onlangs aan die nasionale Suid-Afrikaanse saalperd-kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem en die volgende uitslae behaal:

V Anje Dercksen – 4 x 2de plek vir ruiterkuns-ruiter, 14 jaar en onder.

V Sophia Dercksen – grootkampioen: plesierperdruiters, 18 jaar en onder, sowel as 2 x 1ste plek vir ruiterkuns.

V Madine Dercksen – kaptein van senior Protea-ruiterkunsspan, 2de driegang-kampioen van kampioene: ruiterkuns, 3 x 2de plek vir ruiterkuns en plesierperd.

Juliana Sieberhagen het ’n 2de plek behaal in die siertuig o. 18-afdeling.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article