Motoriste kan volgens die jongste ramings van die Sentrale Energiefonds (SEF) ’n aansienlike daling in die dieselprys vir Desember verwag.
Die SEF se ramings vir die week wat op 15 November geëindig het, toon dat die dieselprys in Desember met tot R1,28 per liter kan daal wanneer die aangepaste brandstofprys Woensdag (7 Desember) in werking tree.
Die vooruitsigte is egter nie so goed vir petrolverbruikers nie, wat tot 55 sent per liter meer kan betaal.
Die departement beklemtoon dat die momentopname nie voorspellend is nie, maar eerder as brandstofprysaanduiding dien. Namate marktoestande deur die maand verander, verander die voorspellings ook.
Die geprojekteerde prysaanpassings aan die einde van week vier van November:
- Petrol 93/95: verhoging van 55 sent per liter.
- Diesel 0,05%: daling van 124 sent per liter.
- Diesel 0,005%: daling van 118 sent per liter.
- Paraffien: daling van 23 sent per liter
Die positiewe daling in die brandstofpryse is te danke aan ’n sterker rand en laer wêreldwye oliepryse.