Dis eenvoudig. Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie het hulself vir heeltemal te lank saam met ’n truprojektor in ’n kamer toegesluit. Die resultaat is ’n sketskomedie “wilder as daai matrieklaaitie wat uitgehaak en sy hare swart ge-dye het”. Transpirant, wat tans op die planke van die Drostdy-teater in Stellenbosch is, is propvol improvisasie, ’n bietjie struktuur, ’n liedjie of twee en een ongemaklike stilte. Die gehoor gaan presies dieselfde uit die show uitstap – net ligter. Die twee komediante was verantwoordelik vir baie van die lag in Hotel