Dis tyd om weer te spel met WOW-spelfees

Dis weer tyd om te “es-pee-ee-el” en deel te wees van die grootste spelfees in Suid-Afrika, met inskrywings vir die 2024-Sanlam-WOW-spelfees wat nou oop is vir skole en individuele leerlinge in elke uithoek van die land.


Dis weer tyd om te “es-pee-ee-el” en deel te wees van die grootste spelfees in Suid-Afrika, met inskrywings vir die 2024-Sanlam-WOW-spelfees wat nou oop is vir skole en individuele leerlinge in elke uithoek van die land.

Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die Toyota US Woordfees en pronk met die grootste spelfees in Suid-Afrika. Die WOW-projek, wat vanjaar mondig is, verbreed reeds sedert 2003 leerders en opvoeders se horisonne deur kreatiewe programme gerig op taal, letterkunde en die kunste in skole en gemeenskappe aan te bied. Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel deur leesgenot en -begrip by hulle te kweek.

Die Sanlam-WOW-spelfees bied leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die geleenthede wat dié instansie bied. WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die US.

Leerlinge van enige taalvlak in drie van die land se ampstale – Afrikaans, Engels en isiXhosa – word genooi om in die volgende taalafdelings deel te neem: Afrikaans gr. 1 tot gr. 10, Engels gr. 5 tot gr. 9 en isiXhosa gr. 6 tot gr. 8.

Vasgestelde spelfeesdatums en -venues sal met verloop van tyd bekendgemaak word. Die nasionale eindronde vind voorlopig Saterdag 28 September by die US plaas.

  • Inskrywingsvorms, spellyste en aanlyn speltoetse asook ander bronne is aanlyn by die WOW-webwerf (wow.woordfees.co.za) beskikbaar. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 31 Mei.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.