Die 46ste Kaapstad-fietstoer vind Sondag 10 Maart 2024 plaas, en die opbrengste van die geleentheid sal weer na twee van sy begunstigdes, die Pedal Power Association en die Rotary-klub van Claremont, gaan.
Om terug te ploeg is sedert die ontstaan ’n hoeksteen van die fietstoer. In die laaste vyf jaar is byna R50 miljoen oor die Skiereiland heen herverdeel, nie net deur dié twee vennote nie, maar deur die talle liefdadigheidsgroepe wat die dubbel-feestelike middelgroepe op die dag uitmaak.
Oktober is borskankerbewustheidsmaand en Kansa en ILoveBoobies is twee van die fietstoer se gereelde liefdadigheidsorganisasies wat die geleentheid vir noodsaaklike geldinsameling en bewusmaking oor hul sake gebruik.
“Volgende jaar sal ons sewende jaar as begunstigde van die Kaapstad-fietstoer se vrygewigheid wees,” het Nicky Webb van ILoveBoobies gesê.
Webb is die dryfkrag agter ILoveBoobies en is persoonlik ’n gereelde figuur by van die land se grootste fietsrygeleenthede. Sy leef die handelsmerk ten volle uit.
Die organisasie se primêre missie is om gratis borsondersoeke aan Suid-Afrikaanse vroue, wat weens ligging en finansiële en sosiale uitdagings, nie toegang tot hierdie mediese dienste het nie, aan te bied. ILoveBoobies het ’n selfvolhoubare ondersoekprogram wat die koste dek om 100 vroue per maand te toets teen ’n koste van R300 per toets.
Die program is modulêr van aard en dus vergroot word, en die fietstoer-liefdadigheidsgroep is ’n groot bydraer. “Die ondersteuning en geleentheid wat ons van die Kaapstad-fietstoer kry het gehelp om sedert die ontstaan meer as 7 600 toetse te doen. Ons het tydens die toer se ekspo 20 000 helm-plakkers uitgedeel en ons tydelike tatoeërmerk-aktivering is ’n gunsteling onder die fietsryers,” het Webb gesê.
“Die fietstoer die geleentheid wat die beste ondersteuning in die fietsry-gemeenskap geniet en dis elke jaar ’n hoogtepunt vir ILoveBoobies. Sluit by ons pienktrein aan vir as ‘n baie goeie rede vir jou deelname aan die fietstoer.”
Kansa is die ander bekende kankervegter wat die Kaapstad-fietstoer gebruik in sy missie om teen dié siekte in Suid-Afrika te veg. Sedert die organisasie se ontstaan in 1931, is dit sy visie om SA na ’n kankervrye samelewing te lei.
Leillani Geduld bestuur Kansa se jaarlikse teenwoordigheid by die fietstoer. “Ons neem as liefdadigheidsorganisasie al vir jare aan die Kaapstad-fietstoer deel. Die platform stel Kansa in staat om onder sy Active-subhandelsmerk ’n aktiewe, gesonde leefstyl te bevorder en mense op te voed oor hoe hulle hul kankerrisiko kan verminder,” het Geduld verduidelik.
“Ons het ook ’n geldinsamelingsgeleentheid via die GivenGain-platform, waar individue en groepe as geldinsamelaars inteken en Kansa help om voort te gaan om sy versorgings- en ondersteuningsdienste aan gemeenskappe te bied. Ons het ook liefdadigheidsinskrywings beskikbaar, wat fietsryers ter ondersteuning van Kansa kan koop en sodoende ons help om ons visie om Suid-Afrika na ’n kankervrye samelewing te lei, te verwesenlik.
Vir meer inligting oor Kansa, besoek www.cansa.org.za. Meer inligting oor ILoveBoobies kan by www.iloveboobies.co.za gevind word.
Alle belangrike inligting oor die Kaapstad-fietstoer is by www.capetowncycletour.com beskikbaar.