Die Allan Gray Orbis-stigting se Beursprogram doen ’n beroep op jong entrepreneursgeeste om aansoek te doen om sy beurs.
Aansoeke vir die program is nou oop en sluit Dinsdag 30 April, met die stigting wat op soek is na jong entrepreneurs met hul oog op universiteit, om aansoek te doen.
Die program is oop vir individue uit die matriekklas van 2024, wat groot entrepreneursaspirasies het en wat ’n groot impak wil maak, nie net in hul lewe nie, maar ook in hul gemeenskap, stad en land.
Die beursgeleentheid sal die weg baan na universiteitsopvoeding, asook ontwikkelingsintervensies vir ’n entrepreneursdenkwyse, en ook persoonlike en akademiese ondersteuning bied. Begunstigdes ontvang behoefte-gebaseerde finansiering vir universiteit, gebaseer op ’n jaarlikse huishoudelike-inkomstedrempel-finansieringsmodel.
Die program is die begin van ’n unieke entrepreneursreis aangesien kandidaatgenote gekweek word in die ontwikkeling van ’n entrepreneursdenkwyse, etiese waardes en sterk leiersvaardighede terwyl hulle hul universiteitstudie voortsit. Benewens die akademiese en finansiële ondersteuning word kandidaatgenote ook toegewys aan ’n persoonlike ontwikkelingsbeampte om met die oorgang na ’n nuwe akademiese omgewing te help, ’n entrepreneursleierskapsbeampte, wat hulle uitdaag om hul entrepreneurspiere te versterk, en ’n gerespekteerde bedryfsmentor, wat hul begrip van entrepreneurskenmerke en -konsepte in die werkende wêreld sal verdiep.
Die beursaansoekvereistes sluit in:
. Suid-Afrikaanse burgerskap;
. aansoekers moet onder die ouderdom van 21 wees in die jaar van aansoek;
. ’n minimum van 60% in wiskunde of ’n minimum van 80% in wiskundige geletterdheid vir finale gr. 11-uitslae moet behaal word;
. ’n minimum gemiddelde van 70% vir finale gr. 11-uitslae (uitgesluit lewensoriëntering) moet behaal word;
. het die voorneme om te studeer vir ’n graad in handel, wetenskap, ingenieurswese, regte, geesteswetenskappe, kunste en gesondheidswetenskappe (uitgesluit medies, veeartsenykunde en tandheelkunde) aan die Universiteit Stellenbosch, Universiteit van Kaapstad, Universiteit van Wes-Kaapland, Universiteit van die Witwatersrand, Universiteit van Johannesburg, Nelson Mandela Universiteit, Rhodes Universiteit, Universiteit van Pretoria, Universiteit van die Vrystaat, TSiBA en Universiteit van KwaZulu-Natal; en
. aansoekers met ’n gekombineerde jaarlikse huishoudelike inkomste van R1 miljoen en minder sal volle finansiering ontvang, terwyl aansoekers met ’n gekombineerde huishoudelike inkomste van bo R1 miljoen behoefte-gebaseerde finansiering sal ontvang.
Aansoeke sluit om 17:00 op 30 April. Besoek www.allangrayorbis.org om ’n aansoekvorm af te laai, of om aanlyn aansoek te doen.