Hoërskool Stellenbosch het op 6 en 7 Augustus ’n geldinsamelingsgeleentheid ten bate van netbal by die skool gehou. Frank Opperman se vertoning Donkie het weereens die gehoor laat skaterlag. Sy oggendvertoning op 7 Augustus was vir die leerders van Hoërskool Stellenbosch. Hy was baie beïndruk met die leerders se meelewing asook die gesprekke wat hy ná die tyd met hulle oor die stuk kon hê. Van links is Eileen de Beer, Leane Nienaber, Opperman, Ben Malan en Petrus Uys na afloop van die vertoning.
Donkie-drama by Stellies
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.