Misdaad in die platteland in vergelyking met stede is steeds minder, maar dorpe soos Stellenbosch staan ongelukkig om die verkeerde redes uit.
Die misdaadstastiek vir die provinsie se derde kwartaal, gemeet tussen Oktober en Desember 2023, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekendgestel en Stellenbossers loop daagliks onder verskeie misdade deur.
In die Wes-Kaap het kontakmisdade, insluitend moord, poging tot moord, aanranding (met die doel om ernstig te beseer) en gewone aanranding, roof met verswarende omstandighede en gewone roof met 5,6% toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk in 2022.
In die provinsie lyk die statistiek soos volg: moord het van 1 198 tot 1 301 (8,6%) toegeneem, poging tot moord het van 955 tot 1 314 (37,6%) gevalle gestyg, aanranding met die doel om ernstige te beseer het van 7 160 tot 7 335 toegeneem (2,4%), gewone aanranding het van 11 997 tot 12 150 (1,3%) gestyg, roof met verswarende omstandighede het van 5 661 tot 6 468 (14,3%) gestyg; en gewone roof het van 2 662 tot 2 941 (10,5%) opgeskiet.
Seksuele misdrywe, aan die ander kant, dui op ’n daling van 4,9%, nadat dit van 2 157 in 2022 tot 2 051 tot 2023 gedaal het – met ’n algehele verskil van 103 klagtes. Dit is grootliks te danke aan ’n afname van 7,7% vir verkragting (wat gedaal het van 1 518 tot 1 401) en ’n 2,6%-afname in seksuele aanranding (wat van 469 tot 457 afgeneem het). Pogings tot seksuele misdrywe het egter die hoogte in geskiet – van 126 tot 145, ’n toename van 15,1%.
Net soos in die gevalle van dwelmverwante gevalle is seksuele misdrywe oop vir vertolking, omdat talle gevalle nie aangemeld word nie.
In die geval van dwelmverwante sake word ’n toename as ’n positiewe gesien, omdat dit beteken meer kwaaddoeners word vasgevang.
Motorkaping en roof by residensiële persele in die provinsie het met onderskeidelik 14% en 7,3% toegeneem.
Stellenbosch se polisiekantoor is onder die top-20 vir eiendomsverwante misdade (derde in die land), inbraak by residensiële persele (15de), inbraak by nie-residensiële persele (16de), ander ernstige misdrywe (25ste), en diefstal wat onder geen ander afdeling genoem word nie (16de).
In Cloetesville is vier meer gevalle van poging tot moord in die tydperk aangemeld, met 15 gevalle. Twee gevalle van brandstig is aangemeld. Agt gevalle vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie – ses meer as in 2022 – is aangemeld. Gevalle van inbrake het met drie gevalle na vyf toegeneem en by die Groot-Drakenstein-polisiekantoor is 22 gevalle – 18 meer – aangemeld.
In Stellenbosch is poging tot moord op met 31 gevalle tot 38.
Aanranding (gewoon) het toegeneem met 20,5% (159 gevalle) en aanrandings (gewoon) met 42,6% na 77 gevalle.
Afdelings waar gevalle afgeneem het, sluit in dwelmverwante sake – af na 179 gevalle. Sewe minder gevalle van winkeldiefstal is aangemeld (42) en die gevalle van motor- en motorfiets- diefstal is op met 29 gevalle tot 50.
Kontakmisdade in die dorp het toegeneem met 30,2% na 112 gevalle. Tale inwoners se eiendomme loop ook deur met opsetlike beskadiging van eiendom op met 27,4% (107 gevalle) en 15 gevalle van rooftogte by residensiële persele is aangeteken.
Kommersiële misdaad het ook toegeneem met 168 gevalle (28 meer) wat aangemeld is.
Ander misdade wat afgeneem het, was verkragting – sewe minder – na 19, seksuele misdrywe (af na 27), roof met verswarende omstandighede 24,4% af na 96, en trio-misdade met nege minder gevalle na 23.
Een geval van kaping van ’n vragmotor is aangemeld en vyf gevalle van brandstigting.