SATERDAG 6 APRIL
Franschhoek: Die Oesfees word om 10:00 op die geskiedkundige Solms-Delta-wynlandgoed gehou. Die kunstenaars wat by die geleentheid optree, is Spoegwolf, Anton Goosen, Loukmaan Adams, Frazer Barry, Oom Hannes Coetzee, The Hanepoot Brass Band, Nick Turner, Schalk Joubert, The Solms Delta Optelband, die Agri-Got-Talent wenners, Soetstemme en Papier Family. Eg-Bolandse lekkernye en drinkgoed sal te koop wees. Gaste word aangeraai om gemaklik aan te trek en ’n kombers saam te neem. Kinders onder 12, wat onder die toesig van hul ouers is, geniet gratis toegang. Vir die res sal R200 gewaarborgde plesier bied. Bespreek kaartjies aanlyn by plankton.mobi.
Pniël: Die Pniël Congregational-kerk hou basaar by die Kerkplein-plaas. Die gemeente maak gereed om besoekers van wyd en suid te welkom na die teetuin. Daar sal allerhande speletjies en lekkernye, en ’n verskeidenheid winskopies wees te kies en te keur. Die plaasmark is gewoonlik ’n groot trekpleister. Gebak uit die boonste rakke soek, daar sal disse te kies en te keur wees. Hierdie “outydse basaar” is werklik iets wat u nie wil misloop nie. Verrigtinge begin om 09:30 tot 14:00. Vir meer inligting skakel die kerkkantoor by 021 885 1300.
MAANDAG 8 APRIL
Stellenbosch: Die Vriende van die Stellenbosch Museum bied om 18:30 Stoepstories by Voorgelegen, Dorpstraat 116, aan. Die vertellings verskil ietwat van die normale stoepstories gesien vertellers meer sal vertel van hul ervarings as inwoners die dorp. Staaltjies, grappe maar ook die ernstige sy van lewe in Stellenbosch sal die gehoor word. Die diverse vertellers sluit in Pietman Retief, bekende aandwandeling gids van die museum, sal die Middedorp verteenwoordig, ds. Jaco Coetsee, skrywer van die boek, Die Here sal Voorsien, Aubrey Segels (Idasvallei), meester Alfred Christians (Jamestown) en Anele Nombewu van Khayamandi. Kaartjies is R50 elk en kan elektronies by Ella Odendaal by 084 581 1717 bespreek word. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.
DINSDAG 16 APRIL
Stellenbosch: Die Stellenbosch-blommeklub vergader in die saal van die Stellenbosch-Wes NG-gemeente. Tee word vanaf 09:30 bedien en die vergadering begin om 10:00. Almal welkom. Kuiermense betaal R40.
FRIDAY 19 APRIL
Vlottenburg: Charis Christian Fellowship will present a workshop on prophecy at the Vlottenburg Vineyard Hall at 18:30 on Friday and 09:00 to 12:30. Wilna van der Merwe will be the speaker. For enquiries, call Martin on 078 791 7496 or Mari-Louise on 082 715 0856.
Stellenbosch: Die Endler-konsertreeks bied om 19:00 ’n vertoning deur die Amici-strykkwartet en Shane Woodborne in die Endler-saal aan. Die strykkwartet bestaan uit vier van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kamermusikante – Suzanne en Philip Martens (viole), Karin Gaertner (altviool) en Peter Martens (tjello). Die internasionaal bekroonde Suid-Afrikaans gebore komponis, Woodborne, is ook ’n tjellis in die Salzburg Camerata waar hy ook voorheen hul hoofbestuurder was. Die strykkwartet gee die Suid-Afrikaanse première van Woodborne se derde strykkwartet en na die pouse sluit hy hom by die kwartet aan as tweede tjellis in Schubert se groot Strykkwintet in C majeur D956. Kaartjies teen R165 (algemeen), R125 (pensioentrekkers) en R60 (studente) kan aanlyn by Webtickets bespreek word. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na concerts@sun.ac.za, skakel 021 808 2358 of besoek www.endler.sun.ac.za.
- Stuur alle gemeenskaps- kennisgewings en -vergaderings vir die dorpskalender per e-pos na tasmin.cupido@media24.com voor Maandae om 14:00.