VRYDAG 16 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies word by die Daisy Jones-teater op die Summerhill-wynlandgoed gehou. Die Crescendo-bekendes Jak de Priester en Babette Viljoen sal die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Die finaliste is Duran Titus (Duka), Lester Paulus (Crimson Hozay) en Lize-Marié Naudé. Kaartjies kos R250. Kontak Ronel Vorster by ronelv@atkv.org.za vir meer inligting.
SATERDAG 17 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die Fynbos- en kultuur-mark word elke Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die Voorgelegen-gebou by Dorpstraat 116 aangebied. Kontak Ina by 066 179 9063 vir meer inligting.
Stellenbosch: The Friends of Stellenbosch Mountain (FSM) holds its monthly hack in the Paradyskloof nature area for about three hours, starting at 08:00. Help to keep the fynbos in good condition by taking Bugweed, Wattles, Port Jacksons and other invasive plants down. Get hands-on experience while you enjoy the beauty of nature. Take a mug and snacks along; FSM will provide the necessary tools and equipment. Depending on the weather, the hack may be moved to Sunday, so be sure to check on the hacks’ page at fsmountain.org or Facebook. For enquiries, send an email to fsm.spring474@passfwd.com
Stellenbosch: Faith Fund, ’n organisasie sonder winsbejag wat deur Beyers Truter van stapel gestuur is, hou om 19:00 ’n gala-aand by die Red Leaf-restaurant by Beyerskloof, met Christof Berg as gaskunstenaar. Die organisasie beywer hom om kinders met leergestremdhede by twee skole te ondersteun en om bewusmaking van fetalealkoholsindroom te skep. Die gaste sal met ’n heerlike aandete deur die sjef van die gewilde Red Leaf-restaurant bederf word. Dit kos R750 per persoon. Korporatiewe maatskappye word genooi om tafels te bespreek. Kontak Ina Viljoen by info@faithfund.co.za om te bespreek.
Stellenbosch: KLINK! Cabernet Cabaret met Juju Domingo, Marlie Katzke en Lucas Heinen is om 20:15 op die planke van die Drostdy-teater. Kom klink ’n glasie Cabernet en proe die verskillende cabaret-kultivars van die lewe. Elke item wat ontkurk word, is ’n verhaal om te onthou en musiek wat jou sintuie mee te vereenselwig. Klink saam op als wat ons mens maak. Die sagte fluweel van Franse versnitte, die diep komplekse Bordeaux-blends, die terggees van Rosé en die donker geheime van die Merlot. KLINK! is ’n viering van die lewe se veelvuldige kultivars en onverwagse skoonheid. Kaartjies kos R200 elk en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word. Geen onder-agt’s word toegelaat nie. Besoek www.drostdyteater.co.za vir meer inligting.
Stellenbosch: African music ensemble iiNceba zoMdali will perform their captivating programme Angilelanga as part of the Endler Concert Series at the Endler Hall at 19:00. The ensemble comprises Ncebakazi Mnukwana (lead vocals, uhadi, umrhubhe and hand percussion), Lungiswa Plaatjies (vocals, uhadi, dodo harp and hand percussion), Bongani Nikelo (electric bass and vocals), and Mkhokheli Kim Masala (marimba, cajón and vocals). Mnukwana has curated a repertoire rich in traditional and indigenous music, which promises an eclectic performance that celebrates Pan-African traditions while incorporating indigenous music instruments. Ticket prices range from R60 to R165, and can be booked online through Webtickets.
TUESDAY 20 AUGUST
Stellenbosch: The Person is in the People, an exhibition curated by Kneo Mokgopa, will open at the Stellenbosch University (SU) Museum in Ryneveld Street from 17:00 to 18:30. What does it mean that Nelson Mandela is dead? The question is really: What does it mean to be a person in South Africa right now? What histories are available to interpret this moment? What is on the horizon? What responsibilities do we owe to memory? Is this the end of history? Professor Kopano Ratele, a professor of psychology at SU and part of the Stellenbosch Centre for Critical and Creative Thought, will be in conversation with Mokgopa during the opening of the exhibition. Mokgopa is an artist and writer living and working in Johannesburg. He is a narrative consultant at the Nelson Mandela Foundation and a thought fellow with the Stellenbosch Centre for Critical and Creative Thought. Refreshments will be served. Admission is free; reserve your place by contacting Marietjie Oelofsen on hmoelofsen@sun.ac.za or 021 808 3898.
THURSDAY 22 AUGUST
Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous, as well as the Al-Anon group, meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
VRYDAG 30 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.
FRIDAY 6 SEPTEMBER
Stellenbosch: The annual general meeting of Meals on Wheels Community Services Western Cape will be held at the Technopark Protea Hotel from 10:30 to 12:30. The agenda will include the voting of the following: reading of the previous AGM minutes; the annual report; the audited financial statements of 2023-’24; the budget for 2024-’25; the appointment of the auditors and the new board. To attend, reserve your place by Thursday 29 August by sending an email to sisa@mealsonwheelswc.org.za.
MAANDAG 9 TOT VRYDAG 13 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die tweede jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) word by die US Konservatorium deur SAComposers aangebied. Die unieke gebeurtenis bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor ’n wye verskeidenheid genres te deel en te vier. Die week se verrigtinge sluit 14 sessies en gebeurtenisse in, daaglikse werksessies, meestersklasse, interaktiewe sessies en aandkonserte met gaskunstenaars. Kaartjies vir individuele konserte is teen R165 (algemene toegang), R125 (pensioentrekkers), en R60 (studente) beskikbaar. Feeskaartjies, met toegang tot alle gebeurtenisse en sessies, kos R990 en R490 vir studente. Bespreek aanlyn by www.webtickets.co.za.
MAANDAG 16 SEPTEMBER
Stellenbosch: Jeuguitreik Kinder- en Jeugsorgsentrum hou sy jaarvergadering om 16:30 by Bell House, op die hoek van Porter- en Birdstraat. Die sentrum bestuur twee kinderhuise asook twee inval-sentrums vir hulpbehoewende kinders van Stellenbosch, een by Bell House en een in die Mountainview-informele nedersetting in Jamestown. Die Stellenbosch-gemeenskap word genooi om geskikte persone te nomineer om op die organisasie se direksie te dien. Direksielede is vrywilligers wat hul tyd en kundigheid tot beskikking van die organisasie, wat kinders in nood bystaan, stel. Die jaarverslag en geouditeerde state sal ook bespreek word. Belangstellendes kan hul plek bespreek en benoemings vir die direksie per e-pos na yo.stellenbosch@gmail.com stuur.