SATERDAG 17 MEI
• Stellenbosch: Join experienced and emerging leaders for dynamic exchange, reflection and collaboration across key leadership pillars in South Africa at the e’Bosch Community Leadership Bridges 2025 at DE LAER in Simonsig Road from 08:30 to 17:00. The speakers will be Dr Letitea Olivier, Prof Nico Koopman, Dr Botlhale Tema, Dr Awie Vlok, Kennedy Ramatsea and Roland Henwood, with Dr Sias Mostert as facilitator. RSVP to school.ebosch@gmail.com or 061 595 4085.
WOENSDAG 21 MEI
• Stellenbosch: Die STELLENBOSSE HEEMKRING vergader om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes. Dr. Willem Botha, voormalige hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, is die gasspreker. Hy sal probeer om ‘n paar mistastings oor Afrikaans reg te stel, naamlik dat Afrikaans 100 jaar oud is en in Paarl ontstaan het, en praat oor die jare lange misverstand oor die eerste Afrikaanse boek en die eerste Afrikaans-medium skool. Die program sal opgekikker word met voordragte deur Stellenbosse leerders. Almal is welkom en aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar. Bel Alta Wagener by 082 854 4210.
WOENSDAG 28 MEI
• Stellenbosch: Die maandelikse konsertreeks Unlock the Violin Sonata word om 18:30 by die JOHNMAN-SKOOL voortgesit. Johanna Roos (violis) en Nina Schumann (pianis) voer Robert Schumann se passievolle eerste klavier- en vioolsonate uit. Plek is beperk, bespreek vroegtydig by Quicket. Kaartjies kos R100 tot R200; kinders onder 12 kry gratis toegang, maar moet bespreek.
VRYDAG 30 MEI
• Stellenbosch: Elke laaste Vrydag van die maand verkoop ACVV UTOPIA lemoenkoek en sjokolade-brownies, gebak deur die tehuis se eie sjef. Die verkope word gedoen by Utopia se hoofingang, Dorpstraat 162, om 10:30. Neem die prag in van die tehuis se bure – die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.
VRYDAG 6 JUNIE
• Cloetesville: Die SARFF LEGENDS bied van 19:00 tot 01:00 ‘n langarmdans in die saal van Rietenbosch Primêre Skool aan. Die alombekende Top 5-dansorkes sal die musiekvermaak verskaf. Kaartjies kos R150 elk; neem jou eie peuselhappies en XYZ. Versnaperings sal voor die begin van die dans beskikbaar wees. Rig alle navrae aan Aubrey Noble by 073 625 3294 of Kenneth Wagner by 082 381 5540.
➣ Stuur alle kalender-inskrywings via e-pos na eikestadnuus@novusmedia.co.za.