WOENSDAG 28 MEI

• Stellenbosch: Die maandelikse konsertreeks Unlock the Violin Sonata word om 18:30 by die JOHNMAN-SKOOL voortgesit. Johanna Roos (violis) en Nina Schumann (pianis) voer Robert Schumann se passievolle eerste klavier- en vioolsonate uit. Plek is beperk; bespreek dus vroegtydig by Quicket. Kaartjies kos R100 tot R200 elk; kinders onder 12 geniet gratis toegang, maar moet bespreek.

VRYDAG 30 MEI

• Stellenbosch: ACVV UTOPIA verkoop elke laaste Vrydag van die maand lemoenkoek en sjokolade-brownies, gebak deur die tehuis se eie sjef. Die verkope word by Utopia se hoofingang by Dorpstraat 162 om 10:30 gedoen. Neem die prag in van die tehuis se bure – die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se mooi tuin.

• Stellenbosch: Die dinamiese ensemble Voces Cordis keer om 19:00 terug na die ENDLER-SAAL met ‘n splinternuwe program wat ‘n inspirerende verskeidenheid plaaslike en internasionale koorwerke insluit. Die konsert vorm deel van die Endler-konsertreeks. Voces Cordis betower sedert hul stigting in 2022, onder die bekwame leiding van die dirigent André van der Merwe, gehore met hul koorkuns. Kaartjies, teen R180 elk kan aanlyn deur Webtickets bespreek word.

VRYDAG 6 JUNIE

• Cloetesville: Die SARFF LEGENDS bied van 19:00 tot 01:00 ‘n langarmdans in die saal van Rietenbosch Primêre Skool aan. Die Top-5-dansorkes sal die musiek verskaf. Kaartjies kos R150 elk; neem jou eie peuselhappies en XYZ. Versnaperings sal vooraf bedien word. Rig alle navrae aan Aubrey Noble by 073 625 3294 of Kenneth Wagner by 082 381 5540.

SATURDAY 21 JUNE

• Stellenbosch: The Stellenbosch City Orchestra (SCO) presents an evening of music with Fly Me to the Moon, which pays tribute to the sounds of Frank Sinatra and his contemporaries at the ENDLER HALL at 19:00. The performance will feature the SCO, under the baton of Paul van Zuilenburg, as they bring Sinatra’s golden-era hits to life and are joined by the dazzling talents of guest soloists Lynelle Kenned and Louis Loock. From the swinging rhythms of “Fly Me to the Moon” and “New York, New York” to the heartfelt emotion of “My Way”, the programme promises to whisk audiences away to an era of glamour, romance, and unforgettable nostalgia. Tickets are available through Webtickets and are expected to sell out quickly.

Stuur alle kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.