SATERDAG 19 JULIE

Stellenbosch: Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings nooi belangstellendes na ‘n spesiale aand waar hulde gebring word aan twee merkwaardige digters, Ingrid Jonker en D.J. Opperman, ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur prof. Wium van Zyl en prof. Dorothea van Zyl; voorlesings van gedigte deur Carel Trichardt en Petru Wessels; en musiek deur Grethe van der Merwe. Die geleentheid word by DIE LAER in Simonsbergstraat aangebied en begin om 17:30. Kaartjies, teen R120 per persoon, kan via https://forms.gle/agZvF2K7GbU9fBKw8 bespreek word.

WEDNESDAY 23 JULY

Stellenbosch: A Night of Cello Classics, a fundraising concert, will be held at the ENDLER HALL at 19:00. The concert will feature cellists Solange Rojas and Clara de la Guerre, accompanied by Elna van der Merwe. It will raise funds for the cellist duo – both are Stellenbosch University students, who will be attending the renowned Celloworld Festival in Vienna, Austria, next month. Tickets, at R120 to R200, are available via Webtickets or at the door.

THURSDAY 24 JULY

Stellenbosch: The next in-person meeting of the STELLENBOSCH TOASTMASTERS will be held at Ertfurthuis in Ryneveld Street at 18:30. Whether you’re looking to enhance your public speaking skills, share ideas, or connect with fellow enthusiasts, this is the perfect opportunity for you to join the club.

SATERDAG 26 JULIE

Jamestown: Die maandelikse JAMESTOWN-STRAATMARK vind om 09:00 plaas. Stalletjies met alles van vars groente en vrugte tot handgemaakte produkte en smaaklike eetgoed sal in Webervalleiweg wees. Kom geniet ‘n prettige, genotvolle dag en ontmoet die inwoners van Jamestown.

DONDERDAG 31 JULIE

Stellenbosch: Een van die land se mees geliefde akteurs, Frank Opperman, is om 20:00 in die eenman-verhoogprodukie, Reünie, by die KRUISKERK te sien. Dis dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ‘n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Reünie is deur Dana Snyman geskryf, met De Klerk Oelofse as regisseur. Die deure open om 17:30, met musiek, kos en wyn by Die Khaya te koop. Kaartjiepryse begin by R180 elk. Bespreek jou plek aanlyn deur Quicket.

VRYDAG 1 AUGUSTUS

Stellenbosch: Mathys Roets, Liesl du Toiten Matthys Maree bring om 19:00 hulde aan die bekende Leonard Cohen by die DROSTDY-TEATER. Roets is een van die min plaaslike kunstenaars wat Cohen werklik gestand kan doen. In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Roets – so eenders, maar tog so anders. Roets deel die verhoog met Maree op klavier en Du Toit as die kenmerkende vrouestem in al Cohen se liedjies. Kaartjies teen R160 elk en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article