VRYDAG 28 JUNIE
Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.
SATERDAG 29 JUNIE
Stellenbosch: Die Fynbos- en kultuur-mark word elke Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die Voorgelegen-gebou by Dorpstraat 116 aangebied. Kontak Ina by 066 179 9063 vir meer inligting.
Faure: An evening of timeless elegance and sensory delight will be presented at the Homestead Wine Lounge at Vergenoegd Löw, with the soothing sounds of contemporary piano music by Riaan Nieuwenhuis, a selection of fine estate wines, delicious local tastes by chef Drikus Brink and his team at Geuwels restaurant and engaging conversations with the farm’s wine experts, including winemaker Vusi Dalicuba and in-house sommelier George Young. The event runs from 18:30 to 21:30. Tickets cost R850 per person; book online at vergenoegd.co.za.
Stellenbosch: The next event of the Oude Werf Winemaker’s dinner series will be held at Oude Werf Hotel in Church Street at 18:00 for 18:30. Enjoy a specially-designed four-course menu paired with the distinguished wines from Vergenoegd Löw, served in premium Riedel glassware. The cost is R695 per person. Send an email to reservations@oudewerf.co.za or call 021 887 4608 to reserve your seat, or book directly on Dineplan.
THURSDAY 4 JULY
Stellenbosch: Stellenbosch Alcohol Anonymous, as well as the Al-Anon group, meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
VRYDAG 5 TOT SONDAG 14 JULIE
Stellenbosch: Die Stellenbosch- internasionale kamermusiekfees word in die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch aangebied. Die gewilde aandkonserte kan in die Endlersaal bygewoon word. Nagenoeg 300 deelnemende studente sal ook elke dag om 13:00 en 17:00 in die Fismersaal in ’n groot verskeidenheid kamermusiek-ensembles te hore wees. Besoek www.sicmf.co.za vir nog inligting en die volle program. Kaartjies is by Webtickets beskikbaar.
SATURDAY 13 JULY
Stellenbosch: The award-winning global collaborative project The Red Dress will be on exhibition at iThemba Stellenbosch CraftArt Gallery in Noordwal-Wes Road from 10:00 to 18:00. Conceived by British artist Kirstie Macloed, the 14-year project comprises a garment that provided an artistic platform for people around the world. For more information on the exhibition and project, email reddressembroidery@gmail.com. More information on the gallery can be found at ithembacraftart.co.za.
WOENSDAG 17 TOT 24 JULIE
Stellenbosch: Die Winter-fees word deur die Drostdy-teater aangebied. Die kaggel word in in die “Upstage Lounge” aangesteek en gaste word bederf met heerlike tuisgemaakte etes en ’n glas wyn. ’n Heerlike wintergereg met ’n glas pas-rooiwyn is by die prys ingesluit. Die gaskunstenaars is Koos Kombuis, Richard van der Westhuizen, Jak de Priester, Frank Opperman, Winand Grundling en die Ramon Alexander Trio met Leslie Kleinsmith, Elvis Blue en Anna Davel. ?Kaartjies is teen R350 per persoon by Webtickets beskikbaar of oor die toonbank by Pick ’n Pay se Moneymarkets.
VRYDAG 19 JULIE
Stellenbosch: Fokofpolisiekar stel sy jongste vollengte album, Dans Deur Die Donker, by The Daisy Jones Bar bekend. Mense kan kom kop skud op ou Fokofpolisiekar-treffers soos “Hemel op die platteland” en “Antibiotika”, asook nuwe treffers soos “Die goeie ou dae” en “Dans deur die donker”. Slegs 350 kaartjies word beskikbaar gestel om seker te maak daar is genoeg ruimte binne sodat almal ’n goeie tydjie kan geniet. Tien BBP-kaartjies is beskikbaar, wat toegang tot die balkon, gratis Fokof Lager en ’n getekende Fokofpolisiekar Woorde 2003-2023-bundel insluit. Die deure open om 17:00 en die program begin met optredes deur Cistamatic (20:00), The Man Motels (21:00) en Fokofpolisiekar (22:00). Kaartjies is aanlyn by https://bit.ly/FOKOFDaisyJones te koop.
VRYDAG 26 JULIE
Cloetesville: Die Black Pumas-netbalklub bied ’n geldinsameling-karaoke-aand met DJ Warren en DJ Fallo in die Eikestad-saal aan. Die geleentheid word van 18:30 tot laat gehou. Toegang beloop R50 per persoon en R20 per koelboks. Gaste mag hul eie eetgoed en drankies inneem. ’n Gelukstrekking met lekker pryse sal gehou word. Streng veiligheid is gereël. Kontak Vernon by 064 464 4118 of Carline by 084 995 0263 vir meer inligting.
SATERDAG 17 AUGUSTUS
Stellenbosch: Faith Fund, ’n organisasie sonder winsbejag wat deur Beyers Truter van stapel gestuur is, hou om 19:00 ’n gala-aand by die Red Leaf-restaurant by Beyerskloof, met Christof Berg as gaskunstenaar. Die organisasie beywer hom om kinders met leergestremdhede by twee skole te ondersteun en om bewusmaking van fetale-alkoholsindroom te skep. Die aand beloof om ’n opwindende geleentheid te wees en die gaste sal met ’n heerlike aandete deur die sjef van die gewilde Red Leaf-restaurant bederf word. Die koste beloop R750 per persoon. Korporatiewe maatskappye word genooi om tafels te bespreek. Kontak Ina Viljoen by info@faithfund.co.za om te bespreek.