DORPSKALENDER: Wat gebeur in die Eikestad?

Jou saamgestelde gids tot al die geleenthede en vergaderings in en om Stellenbosch.


VRYDAG 26 JULIE

Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.

Cloetesville: Die Black Pumas-netbalklub bied ’n geldinsameling-karaoke-aand met DJ Warren en DJ Fallo in die Eikestad-saal aan. Die geleentheid word van 18:30 tot laat gehou. Toegang beloop R70 per persoon. Gaste mag hul eie eetgoed en drankies inneem. ’n Gelukstrekking met lekker pryse sal gehou word. Streng veiligheid is gereël. Kontak Vernon by 064 464 4118 of Carline by 084 995 0263 vir meer inligting.

Stellenbosch: Die Stellenbosch Coronations-rugbyklub bied ’n langarmdans aan, met Kallie’s Band wat musiek sal maak. Die deure open om 19:00 by Rietenbosch Primêr. Kaartjies kos R150 en is by klublede te koop. Gaste mag hul eie eetgoed en drankies inneem. Talle pryse kan gewen word. Vir enige navrae skakel Johan Adonis by 083 458 6274.

SATERDAG 27 JULIE

Stellenbosch: Die Fynbos- en kultuur-mark word elke Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die Voorgelegen-gebou by Dorpstraat 116 aangebied. Kontak Ina by 066 179 9063 vir meer inligting.

Vlottenburg: Die Geestelike Ambassadeurs vir Jesus Christus se jeug bied om 19:00 die Vuurwarm Pinkster-sangaand by die VGK Vlottenburg-kerk se saal aan. Alle kerke, jeuggroepe en jongmense word na die geleentheid genooi om onder een dak saam te vergader en saam te aanbid en lofsange tot eer vir die Here te deel. Boetie Warnie is die seremoniemeester op en ss. Davene as voorsanger saam met Die 3 Leviete: Ev. Dawid, Ev. Rico en Br. AB. Kaartjies kan teen R20 elk by die deur gekoop word. Rig alle navrae aan Mandy Engelbrecht by 084 038 9961.

Stellenbosch: Muratie Wine Estate will host its Retro Rouge Wine Festival at its Canvas Venue from 10:00 to 17:00. Wine stations will offer an impressive array of tastings of Muratie wines, fortified wines and vintage wines, while traditional food favourites will include vetkoek, samoosas, burgers, soups, cheese platters and more. There will also be live music by Stellenbosch musicians Kruger and Tutu, and Dirtopia will host the fun Retro Rouge Wine Walk to a scenic lookout point. Tickets for the walk cost R150 each; book online at www.dirtopia.co.za. Tickets for the festival, at R195 each, includes 10 wine tasting tokens; wines, beverages and food will be available to purchase. Children under 18 enter at no cost. Booking is essential, as tickets are limited, so book your placed online at www.muratie.co.za.

THURSDAY 1 AUGUST

Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous, as well as the Al-Anon group, meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.

VRYDAG 2 EN SATERDAG 3 AUGUSTUS

Stellenbosch: Die Stellenbosch-wynfees, deel van Wine Town Stellenbosch 2024, word in die stadsaal aangebied. Byna 60 van die land se beste wynprodusente, soos onder andere Simonsig, Alto, Spier, Rus en Vrede, Blaauwklippen en Kleine Zalze, sal meer as 200 wyne vir proe aanbied, tesame met ’n oestafel met seisoenale en plaaslike happies en verrukkings deur sjef Adel Grewar van die Bertus Basson Restaurante Groep. Daar sal ook lewendige musiek wees. Die feestelikheid is Vrydag van 17:00 tot 21:00, en Saterdag van 14:00 tot 18:00. Kaartjies, teen R490 elk, sluit 18 wynproe kaartjies, die musiek en die oesfees in. Bespreek jou kaartjies aanlyn via Plankton.

SATURDAY 10 AUGUST

Cloetesville: NPO Support of Community Hearts presents the Mr & Miss Crèche Stellenbosch pageant at the Eikestad Hall at 13:00. The participants will be walking the runway in evening wear. The delegate entry fee is R100 per child. Admission costs R50 for adults and R30 for children. For more details or to enter, visit www.supportofcommunityhearts.co.za or call 084 068 7738.

SATERDAG 17 AUGUSTUS

Stellenbosch: Faith Fund, ’n organisasie sonder winsbejag wat deur Beyers Truter van stapel gestuur is, hou om 19:00 ’n gala-aand by die Red Leaf-restaurant by Beyerskloof, met Christof Berg as gaskunstenaar. Die organisasie beywer hom om kinders met leergestremdhede by twee skole te ondersteun en om bewusmaking van fetale-alkohol-sindroom te skep. Die aand beloof om ’n opwindende geleentheid te wees en gaste sal met ’n heerlike aandete deur die sjef van die gewilde Red Leaf-restaurant bederf word. Die koste beloop R750 per persoon. Korporatiewe maatskappye word genooi om tafels te bespreek. Kontak Ina Viljoen by info@faithfund.co.za om te bespreek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.