SATERDAG 10 AUGUSTUS

Stellenbosch: Die Fynbos- en kultuur-mark word elke Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die Voorgelegen-gebou by Dorpstraat 116 aangebied. Kontak Ina by 066 179 9063 vir meer inligting.

Cloetesville: NPO Support of Community Hearts presents the Mr & Miss Crèche Stellenbosch pageant at the Eikestad Hall at 13:00. The participants will be walking the runway in evening wear. The delegate entry fee is R100 per child. Admission costs R50 for adults and R30 for children. For more details or to enter call 084 068 7738 or visit www.supportofcommunityhearts.co.za.

THURSDAY 15 AUGUST

Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous as well as the Al-Anon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.

VRYDAG 16 AUGUSTUS

Stellenbosch: Die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies word by die Daisy Jones-teater op die Summerhill-wynlandgoed gehou. Die Crescendo-bekendes Jak de Priester en Babette Viljoen sal die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Die finaliste is Duran Titus (Duka), Lester Paulus (Crimson Hozay) en Lize-Marié Naudé. Kaartjies kos R250. Kontak Ronel Vorster by ronelv@atkv.org.za vir meer inligting.

SATERDAG 17 AUGUSTUS

Stellenbosch: Faith Fund, ’n organisasie sonder winsbejag wat deur Beyers Truter van stapel gestuur is, hou om 19:00 ’n gala-aand by die Red Leaf-restaurant by Beyerskloof, met Christof Berg as gaskunstenaar. Die organisasie beywer hom om kinders met leergestremdhede by twee skole te ondersteun en om bewusmaking van fetale-alkohol-sindroom te skep. Die aand beloof om ’n opwindende geleentheid te wees en gaste sal met ’n heerlike aandete deur die sjef van die gewilde Red Leaf-restaurant bederf word. Dit kos R750 per persoon. Korporatiewe maatskappye word genooi om tafels te bespreek. Kontak Ina Viljoen by info@faithfund.co.za om te bespreek.

VRYDAG 30 AUGUSTUS

Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.

– Stuur alle kalender-inskrywings voor 14:00 Maandae per e-pos na tasmin.cupido@media24.com.

You need to be Logged In to leave a comment.