DORPSKALENDER: Wat gebeur in die Eikestad?

VRYDAG 1 NOVEMBER Stellenbosch: Huis Horison hou vandag (Vrydag) en môre (Saterdag) sy jaarlikse kermis by die sentrum by Patrys-straat 1, Onder-Papegaaiberg. Kermisgangers kan Vrydag van 10:00 tot 16:00 inkopies […]


VRYDAG 1 NOVEMBER

Stellenbosch: Huis Horison hou vandag (Vrydag) en môre (Saterdag) sy jaarlikse kermis by die sentrum by Patrys-straat 1, Onder-Papegaaiberg. Kermisgangers kan Vrydag van 10:00 tot 16:00 inkopies by die produkte- en boeketent asook die teetuin doen. Die hoofkermis, Horison Challenge-veldwedloop, potjiekoskompetisie, vermaak en kinderaktiwiteite, tesame met al die tradisionele kosstalletjies en die produkte- en boeketent vind soos gewoonlik Saterdag van 09:00 tot 13:00 plaas. Kom geniet die tradisionele kermis-kos of snuffel tussen die unieke en gehalte-artikels, soos plante, boeke, handwerk, houtwerk, witolifante, klere, erdeware en meer. Vir meer inligting of om vir die potjiekoskompetisie in te skryf, skakel 021 887 5080 of stuur e-pos na bemarking@huishorison.org.za.

Stellenbosch: Get into the Halloween spirit and run or walk through Muratie Wine Estate’s eerie forest trails at the Halloween Forest Night Trail Run. Starting at sunset, participants will explore scenic single-track routes, with spooky surprises along the way. Costumes are encouraged, and there will be live music, a festive atmosphere and prizes for the best costumes. Choose between the 5 km or 10 km route, with start times at 19:30 and 19:45, respectively. Special medals for all finishers. For more details or to enter, visit www.dirtopia.co.za or call 078 343 3572.

Stellenbosch: Die pianis Pieter Grobler keer terug na die Endler-saal vir ’n spesiale voordrag opgedra aan die musiek van Robert Schumann. Hy sal ’n genuanseerde verkenning van Schumann se genialiteit aanbied – van sy geliefde werke tot minder bekende juwele: “Carnival Opus 9” en “Fantasy Opus 17”, aangevul met minder bekende stukke, wat laat in die lewe deur die kundige hand van Franz Liszt verwerk is, asook ander skatte. Die konsert vorm deel van die Endler Prestige-konsertreeks en begin om 19:00. Kaartjies kos R165 (standaard), R125 (pensioentrekkers) en R60 (studente) en kan aanlyn deur Webtickets of by die deur gekoop word.

SATURDAY 2 NOVEMBER

Faure: The Baden Powell Opskop, with celebrated Stellenbosch chefs Bertus Basson and Drikus Brink, will be held at Vergenoegd Löw. The event remembers Baron Robert Stephenson Smyth Baden-Powell (1857-1941), who was a British army officer, writer, founder and first Chief Scout of the worldwide Scout Movement. Guests will indulge in wines from 28 confirmed wine farms, along with delectable canapés on arrival and a generous harvest-style lunch. A live band will complete the great vibe. Tickets cost R650 per person via Quicket.

MAANDAG 4 NOVEMBER

Pniël: Die Pniël Gemeenskaplike Eiendomsvereniging (PGEV) hou om 19:00 ’n vergadering in die Pniël-banketsaal. Die status van die PGEV en die bevestiging van grond of eiendom om oorgedra te word sal bespreek word. Mense wat met die aanvang van die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede op 2 November 1998 in Pniël gewoon het, of wettig verantwoordelik was vir die betaling van erfbelasting, huur en diensgeld aan die munisipaliteit vir grond in die raadsge­bied van Pniël, kwalifiseer as lid van die PGEV. Vir navrae skakel 066 222 2154.

VRYDAG 8 NOVEMBER

Cloetesville: Die Black Pumas-netbalklub hou sy Summer Disco Bash om 18:30 by die Laerskool Rietenbosch-saal. Die genooide deelnemers en gaste sluit in AmaPrettys, Mr Ougat, Jason en Jastin. Toegang beloop R70 (insluitend jou koelboks); neem jou eie peuselhappies saam. Streng sekuriteit sal gehandhaaf word. Kontak Vernon by 064 464 4118 of Carline by 084 995 0863 vir nog inligting.

VRYDAG 8 TOT SONDAG 10 NOVEMBER

Stellenbosch: Die grootste bonsai-skou in Afrika vind in die Stellenbosch-stadsaal plaas. Sowat 200 van die beste bonsai in die land sal op die skou te sien wees. Daar gaan werkses­sies, demonstrasies en kunste­naars van heinde en verre wees. Die skou is oop vir die publiek van 09:00 tot 17:00; Sondag sluit dit om 15:00. Toegang vir die publiek kos R20. Rig alle navrae aan Willem Pretorius by 083 260 5696.

Grabouw: The annual Outdoor and Adventure Expo is back at the Elgin Sports Club. The event features the latest outdoor and adventure lifestyle vehicles and equipment and is aimed at the whole family. This includes regular and off-road caravans, 4×4 off-road vehicles, crossover vehicles and SUVs as well as camping and other equipment for a holiday or lifestyle in nature. Numerous other exhibitors will also be involved, including food, coffee and wine exhibitors, a beer garden and much more. The expo is not just another show or a flea market; it is a full-blooded outdoor and adventure expo for the whole family. Tickets are on sale at TicketPro and the full programme can be seen at www.lrclassic.com.

Stuur alle kalender-inskrywings via e-pos na tasmin.cupido@media24.com voor 14:00 Maandae. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.