Vyf graad 11-Bloemhoffers het in die 2018 Duits-olimpiade uitsonderlik presteer en Christelle Broeksma, Rohanette Janse van Vuuren en Rentia-Marié Meyer het onder die top-10-deelnemers in Suid-Afrika geëindig. Christelle het 90% in die olimpiade behaal en is vyfde op dié merietelys terwyl Rohannette en Rentia-Marié met 89% saam in die sesde plek is. Marelize Lubbe (83%) en Beatri Cloete (82%) het net-net nie die top-10 gehaal nie en is onderskeidelik in die 11de en 12de plek. Van links is Rohannette Janse van Vuuren, Christelle Broeksma, Beatri Cloete, Marelize Lubbe en Rentia-Marié Meyer.Foto: Stephan Meyer