Die polisie het 94 tik-sakkies by die verdagte gevind.Foto:

Credit: SYSTEM

’n Man (46) van Idasvallei het vandeesweek in die Stellenbosch-landdroshof verskyn weens dwelmhandel nadat die polisie hom op 4 Mei op heterdaad betrap het.

Die Cloetesville-polisie het die vermeende dwelmhandelaar, Brendell Kennedy, in Hahnstraat, Idasvallei, vasgetrek nadat hulle inligting van ’n anonieme bron ontvang het.

“Die polisiebeamptes, sers. Vernon Paulsen, sers. Oscar Solomons, konst. Yolanda Williams en twee wetstoepassingbeamptes sowel as twee Stellenbosch-wagbeamptes, het die perseel betree en deurgesoek,” het AO Zenobia Sedeman, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagte is op die perseel gevind en deur die beamptes deursoek. Dit het gelei tot die ontdekking van ’n groot hoeveelheid dwelms, waaronder 184 mandrax-tablette en 94 tik-sakkies.

Altesaam 84 mandrax-tablette is by die verdagte gekry.Foto:

Kennedy is op die toneel in hegtenis geneem en het in die Stellenbosch-landdroshof verskyn, waar die saak uitgestel is.

Lt.kol. Latetia Hans, stasiebevelvoerder van die Cloetesville-polisie, het die gemeenskap bedank vir die inligting wat aan die polisie verskaf is en weer eens bevestig alle inligting wat deur die gemeenskap voorsien word, word geheim gehou en as vertroulik hanteer.

“Die polisie bly waaksaam en vra die gemeenskap om enige verdagte aktiwiteite aan te meld, sodat ons kan verseker dat ons gemeenskappe veilig bly.”

Die Cloetesville-polisie het die vermeende dwelmhandelaar in Hahnstraat, Idasvallei, vasgetrek. Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.