Die e’Bosch-erfenisprojek, in samewerking met StellSorg, Stellenbosch Akademie vir Sport, Markötter-sportsentrum en die Jannie Mouton-stigting, se voorbereiding vir die opkomende skoolvakansie word goed ondersteun deur die publiek en lede van die 14 dorpies betrokke.

Die tweede sessie is Saterdag (1 Junie) gehou en deur 46 mense van 10 dorpies en lede van die publiek bygewoon. Die tema was musiek en beweging, en die sessie is deur Danell Herbst-Müller, ’n lektor verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se musiekdepartement, aangebied.

Die volgende sessie, met die tema “drama”, vind komende Saterdag (8 Junie) by Markötter plaas. Registrasie begin om 08:30, gevolg deur die sessie van 09:00 tot 12:00. Middagete sal voorsien word. Die finale sessie handel oor kuns en kunsvlyt en word Saterdag 15 Junie by die Voorgelegen-gebou in Dorpstraat gehou.

  • Kontak Carol Lakay op WhatsApp by 061 595 4085 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.