Die e’Bosch-erfenisprojek het die nuwe jaar op 16 Januarie amptelik met die bekendstelling van sy 2026-program by die Markotter-klubhuis begin.
Die geleentheid het vennote, mede-werkers en belanghebbendes byeengebring om die organisasie se strategiese visie, beplande programme en sleutel-inisiatiewe vir die jaar wat voorlê, te deel.
Die jaar het op ‘n positiewe noot begin (10 Januarie) met die suksesvolle afsluiting van die e’Bosch-skoolvakansieprogram, wat weer eens kinders, fasiliteerders en vennote van oor die dorpies heen in ‘n gedeelde ervaring van leer, ontwikkeling en groei verenig het.
LEES OOK: Vakansie vol gees en sport afgesluit in Idasvallei
Wat vanjaar verder besonders maak, is die viering van e’Bosch se 15de bestaansjaar.
Die organisasie het oor die afgelope 15 jaar ‘n belangrike rol in die versterking van die dorpies van Stellenbosch gespeel deur jeugontwikkeling, waardegedrewe programme en inklusiewe vennootskappe wat op volhoubare maatskaplike invloed gemik is.
e’Bosch bly met die oog op die toekoms verbind tot die bemagtiging van jongmense, die bewaring van erfenis en samewerking met vennote om veerkragtige en florerende dorpies te bou.
Die jaar 2026 beloof om met ‘n sterk grondslag en ‘n duidelike strategiese rigting ‘n jaar van volgehoue groei en betekenisvolle impak te wees.
• Stuur e-pos na [email protected]; skakel 061 595 4085 of besoek hul webblad vir nog inligting oor die e’Bosch-erfenisprojek, die 15-jaar-vieringsinisiatiewe en ander projekte,
*Saamgestel deur Stacy Swartz.


