Een persoon is beseer in ’n motorongeluk Dinsdagmiddag omstreeks 13:40 by die oorgang van die Klein Helderberg- en Bredell-pad op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Volgens ooggetuies het ’n Hyundai i20 die pad probeer oorsteek van die Bredell-pad se rigting af toe ’n Kia Sedona teen die i20 gebots het. “Die i20 het oorgekom toe ’n Value-trokkie vinnig van bane verwissel het. Die Value-trokkie het die i20 geraak en die i20 het voor die Kia ingekom. Die Kia het toe in die i20 vasgery,” verduidelik die ooggetuie. Die Value-trokkie het glo van die toneel af in Stellenbosch se rigting gery. Foto: Angelo Julies