Eet Kreef Herleef!is dié maand terug met die eerste vertoning sedert Maart 2020, by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch. Die vertoning is Saterdag 19 Maart om 21:00 te sien. Eet Kreef! deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band word vereer in hierdie herinterpretasie van die satiriese musikale meesterstuk wat 30 jaar gelede die land omtrent aan die gons gehad het. Dit was in 1989 ’n groot sukses, ten spyte daarvan dat die liedjies vir radio verban is deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Laudo Liebenberg (aKING) span kragte saam met van die gewildste rockers in die bedryf vandag om weer agter die stuur van hierdie alternatief-Afrikaanse ossewa in te skuif. Frank Freeman (kitaar en vokale), Sheldon Yoko (tromme), Schalk van der Merwe (baskitaar) en Mikhaela Kruger (klawerbord) tree saam met Liebenberg op. Kaartjies teen R180 (vooraf) of R200 (deur) per persoon is aanlyn by www.quicket.co.za te koop.Foto: Pierre Rommelaere