Eikestad-atlete blink uit

Eikestad-atlete blink uit

Dié vier atlete was finaliste in die 2022- Kaapse Wynland-sportraad-toekennings danksy hul uitstekende prestasies vanjaar. Van links is die Stellenbossers Peter Boyes, Coenie van Vuuren en Wilan Basson en die Paarliet Michelle Dreyer. Boyes (o.19-seuns), ’n leerder aan Paul Roos Gimnasium (PRG), het die negende plek in die 2022- Wêreld-triathle-kampioenskap in Madeira behaal, die 14de plek by die 2022- Wêreld-biathle-kampioenskap in Madeira en die 20ste plek by die 2022- Wêreld-laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap in Portugal. Van Vuuren (’n mans-meestersatleet) is die buite-afrigter by PRG en het ’n goue medalje by die 2022- SA Nasionale Moderne Vyfkamp-kampioenskap verwerf, brons by die Wêreld-laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap, silwer by die Wêreld- biathle-kampioenskap en goud by die 2022- laserpistoolskiet-hardloop-wêreld-stadtoer-kampioenskap in Madeira. Basson (o.17-seuns) is ook ’n PRG-leerder en het goud by die 2022- SA Nasionale Vierkamp-kampioenskap gewen, asook die sesde plek by die 2022- SA Nasionale Laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap verower om vir die SA span te kwalifiseer, die 13de plek by die 2022- Wêreld-triathle-kampioenskap behaal en ’n silwermedalje as spanlid vir die SA o.17-span by die Triathle

Credit: SYSTEM

Eikestad-atlete blink uit

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.