Eikestad kan dalk ‘Kwêla’ se Dorp van die Jaar word

Die immergewilde Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie is terug en Stellenbossers kan ons dorp nou vir dié gesogte titel benoem.


Die immergewilde Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie is terug en Stellenbossers kan ons dorp nou vir dié gesogte titel benoem.

’n Dorp kwalifiseer vir die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.

Dit plaas die Eikestad in ’n gunstige posisie.

Die vorige twee jaar se streekwenners kan nie benoem word nie.

Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nadat hulle as wenner aangewys is nie weer aan die kompetisie deelneem nie. Dit sluit Mosselbaai (2017), Jeffreysbaai (2018), Swakopmund (2019), Kareedouw (2020) en Greyton (2021) in.

Kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië benoem. Deelnemers hoef nie in ’n dorp te woon om dit te benoem nie. Die benoemings sluit Vrydag 18 Maart om 12:00.

Om ’n dorp te benoem, moet die naam van die dorp per SMS na 33157 gestuur word. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië. ’n SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

Tydens die benoemingsfase is daar geen beperking op die aantal dorpe wat deur ’n individu benoem mag word nie en is SMS’e per selfoonnommer onbeperk. In alle ander fases van die kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.

Vanjaar se Dorp van die Jaar wenR1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET en ’n 45-sekonde-advertensie oor die dorp, wat deur Homebrew Films vir uitsaai in kykNET se advertensietyd gemaak sal word. Die KIA-makietie sal ook in die wendorp aangebied word.

Vir navrae, bel Corné Nel by 021 422 3452 of stuur e-pos na navrae@kwela.tv

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.