Pieter Kotze van die Laerskool Eikestad het die afgelope vakansie aan verskillende tennistoernooie in Bloemfontein gaan deelneem. Hy was lid van die Bolandspan wat aan die Interpro-toernooi deelgeneem het. Boland het tweede geëindig. Pieter is daarna gekies vir die SA skolespan wat in Augustus in Amerika gaan toer. Daarna het hy aan die Bloemfontein Super 8-toernooi deelgeneem waar hy sy ouderdomsgroep se enkel- en dubbelspelwedstryde gewen het. Hy het ook aan die nasionale kampioenskap deelgeneem en weer eens die o.12-enkel- en dubbelspelwedstryde gewen. Links oorhandig die minister van sport en ontspanning, Tokozile Xasa, die trofee aan Pieter nadat hy die nasionale tennistoernooi se o.12-afdeling gewen het.


Eikestad se Pieter gaan kishoue in VSA slaan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article