Wynmakers in die Stellenbosch-distrik het uitsonderlik gevaar in vanjaar se Jongwynskou. Vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het 171 inskrywings van 17 kelders opgelewer.
Die Stellenbosch-jongwynskou is verlede Dinsdag (29 Augustus) by De Warenmarkten-restaurant in Stellenbosch gehou.
De Wet Viljoen, die voorsitter van die Stellenbosch-jongwynskou, sê 2023 was ’n goeie jaar vir Stellenbosch.
“Die witwyne het besonderse mooi kultivar-geure getoon. Aan die rooi kant was die wyne se balans tussen rypheid, konsentrasie en vrug uitmuntend,” verduidelik Viljoen.
Hy voeg by die beoordelaars se indrukke oor die plaaslike wyne oor die algemeen was baie goed.
“Die beoordelaars was beïndruk met die konstantheid asook die konsentrasie van die Stellenbosch-streek se wyne.”
Die deelnemers in vanjaar se kompetisie was baie beïndruk met die proses en die kompetisie in geheel.
“2023 was ’n jaar waar die wyne stadiger as gewoonlik ontwikkel het. Dit het tot ’n senuagtige begin van die seisoen gelei,” sê Bertho van der Westhuizen van Alto Wyne.
“Ná die uitslae van die nasionale Jongwynskou kan ons egter uitsien na ’n baie goeie jaar.”
Johan Jordaan van Spier Wyne sê ten spyte van die abnormale nat somer toon die wyne van 2023 besondere soepelheid en toeganklikheid. “Cabernet sauvignon as kultivar ontwikkel stadig en beloof om klassiek te wees teen die tyd dat dit die mark betree,” sê Jordaan.
“Die sauvignon blanc-wyne was oorlaai van vrug en is deur tropiese karakters oorheers. Ek dink wel die 2023-wyne benodig meer tyd as gewoonlik om hul volle potensiaal te bereik,” het RJ Botha van Kleine Zalze bygevoeg.
2023-STELLENBOSCH-JONGWYNSKOU: Wenners van verskeie gesogte trofeë
- WESTELIKE GRAANBOERE-TROFEEKAMPIOEN-WITVERSNITWYN Klas 2:34 Spier Wines (Chenin Blanc/Sauvignon Blanc/Semillon – hout)
- PJ CARINUS-TROFEEKAMPIOEN-CHARDONNAY Klas 7:31 Vredenheim (hout)
- DIE KOÖPERATIEWE KELDERS-TROFEEKAMPIOEN- CHENIN BLANC Klas 9:13 Spier Wines (hout)
- DP PONGRASZ-TROFEEKAMPIOEN- SAUVIGNON BLANC Klas 14:26 Kleine Zalze Wines
- STANDARDBANK-TROFEEKAMPIOEN ANDER WIT KULTIVAR Klas 19:6 Flagstone Winery (Viognier hout)
- STELLENBOSCH-VOEDSEL-EN-WYNFEES-TROFEECHAMPION NATURAL SWEET WHITE WINE Klas 45:1 Diemersdal NLH
- CDS/DEMTOS-TROFEEWOOD MATURED WHITE WINE Klas 19:6 Flagstone Winery (Viognier hout)
- THE GROTTO TROPHYALGEMENE KAMPIOEN- WIT TAFELWYN Klas 14:26 Kleine Zalze Wines
- BOLANDBANK-TROFEEKAMPIOEN- ROOI VERSNIT – HOUT Klas: 51:22 Spier Wines (Shiraz/Pinotage)
- STELLENBOSCH-DISTRIKSBANK-TROFEEKAMPIOEN-CABERNET SAUVIGNON Klas 56:21 André Van Rensburg wyne
- THE ALLAN BELL TROPHYKAMPIOEN- CABERNET SAUVIGNON – HOUT Klas 57:17 Vergenoegd Löw Wine Estate
- DENEL-TROFEEKAMPIOEN-MERLOT – HOUT Klas 63:37 Beyerskloof Wines
- DIE SWARTLANDSE KOÖP- WYNMAATSKAPPY BPK-TROFEEKAMPIOEN-PINOTAGE Klas 70:21 Hoopenburg Wines
- STELLENBOSSE WYNROETE KOÖP BPK-TROFEEKAMPIOEN-PINOTAGE – HOUT Klas 71:13 Beyerskloof Wines
- ABSA-TROFEEKAMPIOEN-SHIRAZ Klas 74:21 Diemersdal
- MONDI TIMBERS PRODUCTS-TROFEEKAMPIOEN-SHIRAZ – HOUT Klas 75:55 Flagstone Winery
- BAKKE INDUSTRIE-TROFEEKAMPIOEN- ANDER ROOI KULTIVAR Klas 54:01 Kaapzicht Wine Estate (Cabernet Franc)
- VINFRUCO-TROFEEALGEMENE KAMPIOEN- ROOI TAFELWYN Klas: 51:22 Spier Wines (Shiraz/Pinotage)
- KWV-TROFEEKAMPIOEN- VERSTERKTE WYN Klas 84:03 Vergenoegd Löw Wine Estate