Laerskool Eikestad se o.11A- en -B-tennisspanne het van 30 April tot 4 Mei aan die Inter Africa Truida Kestell-tennistoernooi in Bethlehem deelgeneem.
Altesaam 75 spanne van reg oor die land was by hierdie toernooi betrokke.
Laerskool Eikestad se spanne het soos volg presteer: Meisies: A-span, derde (uit nege spanne); B-span, sewende (uit 26 spanne). Seuns: A-span, vyfde (uit 16 spanne); B-span: twaalfde (uit 26 spanne).
Die skool het is trots oor “die pragtige tennis wat die Eikies gespeel het, maar ook oor die harde lesse wat hulle die vyf dae op die tennisbaan geleer het”.