Inwoners en organisasies wat ’n buitengewone rol speel in die erfenis van Stellenbosch is onlangs op ’n glansgeleentheid by die Universiteit Stellenbosch-museum vir hul besonderse bydrae vereer.

Francois Lonbard

Erfenis strek veel verder as die bewaring van die historiese geboue in Stellenbosch. Dit sluit al die tradisies, resepte, goeie praktyke en kultuur wat die onderbou van die samelewing is, in.

Inwoners en organisasies wat ’n buitengewone rol in die erfenis van Stellenbosch vervul, is onlangs op ’n glansgeleentheid by die Universiteit Stellenbosch-museum vir hul besonderse bydrae vereer.

Altesaam tien e’Bosch-erfenistoekennings is oorhandig.

“Van spesifieke belang is die instansies wat platforms en geleenthede skep waar volgende geslagte opgelei kan word en voordeel kan trek uit die tradisies. Die opskryf van die geskiedenis van die mense van Stellenbosch en bewaring van die geboue het ook in die kollig gekom,” het dr. Sias Mostert, voorsitter van e’Bosch, gesê.

e’Bosch-erfenistoekennings-ontvangers vir 2022

  • Hannes van Zyl (Sentraal Stellenbosch) – vir die bewaring van die historiese erfenis-kern en die deurlopende belegging in die skep van ’n nuwe erfenis in Khayamandi.
  • Nokuphiwa Katom (plaasgemeenskap, Allee Bluee) – vir die bevordering en ondersteuning van die tradisie van kerngesinne, en meer spesifiek enkelouergesinne in Khayamandi.
  • Sipho Nothanga (Khayamandi) – vir die bewaring van sang- en musiek-erfenis in Khayamandi.
  • Jan Schannell (Sentraal Stellenbosch) – vir die uitbou van die braai-tradisie in Suid-Afrika.
  • Pieter Taaibosch (Vlottenburg) – vir die ondersteuning van die gemeenskap en bewaring van historiese erfenis in Vlottenburg.
  • Stellenbosch Heemkring (Sentraal Stellenbosch) – vir die bewaring van die geskiedenis van die mense van Stellenbosch oor meer as 50 jaar.
  • Chrisben February (Jamestown) – vir die bewaring en bevordering van die erfenis van Jamestown.
  • Uhlan Lackay (Pniël) – vir die bevordering van die historiese en natuurlike erfenis van Pniël en omgewing.
  • Chalmane Horne-Kruger (Klapmuts) – vir die ondersteuning van die gemeenskap en bevordering en die uitbou van die uitvoerende kunste in Klapmuts.
  • Henry Linders (Cloetesville) – toekenning vir sy enorme bydrae tot die onderwystradisie.

You need to be Logged In to leave a comment.