Franschhoek: Die jaarlikse Oesfees word van 10:00 op die SOLMS-DELTA-WYNLANDGOED aangebied. Musikante soos Emo Adams, Koos Kombuis, Valiant Swart, Anton L’Amour, die plaaslike sanger en liedjieskrywer Luna Paige, asook geliefde plaaslike groepe soos die Papier Family Band, Die Soetstemme en Solms-Delta se eie Optelband begelei deur die bekende Nick Turner, Schalk Joubert en Carlo Fabe, gaan meer skop aan die dag se feestelikhede verleen. Oom Hannes Coetzee, die lepel-in-die-mond-kitaarman van die Karoo, is nog ‘n bekende Oesfeesgesig wat sy terugkeer maak.
Kaartjies kos R200 per persoon en is beskikbaar op plankton.mobi.
You must be logged in to post a comment.