Pniël-basaar
Die PNIËL CONGREGATIONAL-KERK bied weer sy gewilde jaarlikse basaar by die kerkgronde aan. Die dag beloof om ‘n dag van pret, heerlike kos en wonderlike vondse vir die hele gesin. Al die tradisionele basaar-goedere sal te koop aangebied word, soos gebak, koeke, pannekoek, wafels, ‘n teetuin, lekkers, gemmerbier, speletjies, gesigverf, boereworsrolletjies, poedings, vars produkte […]