Evergreens hou kwarteindstryd fyn dop

Van der Stel-Evergreens (VDE) en Macassar sal eerskomende Saterdag (9 September) se Superliga C-kwarteindstryde met belangstelling dophou, want die wenners speel aanstaande week in die halfeindstryde teen hulle op City Park in Athlone. Voorlopig meet


Van der Stel-Evergreens (VDE) en Macassar sal eerskomende Saterdag (9 September) se Superliga C-kwarteindstryde met belangstelling dophou, want die wenners speel aanstaande week in die halfeindstryde teen hulle op City Park in Athlone. Voorlopig meet Busy Bees kragte teen Hamediehs in Athlone, terwyl Kraaifontein en Goodwood sake uitspook.

Pniël Villagers, wat tot voor die naweek die sesde plek op die punteleer beklee het, het hul plek as span nommer ses verlede Woensdagaand (30 Augustus) in Kylemore verloor ten gunste van Busy Bees omdat hulle glo geen traumabord by die aanvang van die o.20-stryd op die veld gehad het nie.

“Ons het ons wedstryd Woensdagaand teen Rangers verskuif na Kylemore se veld omdat hulle spreiligte het en in die harwar van oor-en-weer-ryery was die traumabord nie betyds op die veld voor die afskop van die o.20-spanne nie,” het Winston Stubbs, voorsitter van Pniël Villagers, gesê.

“Die skeidsregter het geweier dat die wedstryd voortgaan oor die afwesigheid van die traumabord en kosbare tyd is verspil.

“Die traumabord het wel later opgedaag, maar tussen ons en Rangers het ons saam met die skeidsregter besluit dat die wedstryd dan liewer uitgestel word omdat daar so baie tyd verspil is.

“Albei klubs het Maandag (4 September) ’n verslag ingestuur oor hoekom die wedstryd uitgestel is. Die skeidsregter het egter ’n verslag oor die naweek na WP gestuur om te sê die wedstryd het nie plaasgevind nie. Pniël Villagers en Rangers het nou versoek dat die WP se dissiplinêre komitee moet ingryp om uitsluitsel hieroor te gee, want albei klubs word nou hierdeur geraak.”

VDE, die wenner van Superliga C, speel teen die wenner van die Kraaifontein / Goodwood-kragmeting, terwyl Macassar op sy beurt teen die wenner van Hamediehs / Busy Bees /Pniël Villagers te staan kom.

Alle halfeindstryde vir Superliga-A, -B en -C word Saterdag 16 September op neutrale velde gespeel.

In Superliga-B het SK Walmers en Franschhoek top geëindig, terwyl Villagers en Ikeys die eerste twee plekke in Superliga-A beklee. Paarl en Young Peoples is hul plekke in Superliga B kwyt en skuif af na Superliga C.

Die Top-6-uitspeelwedstryde (3 t. 6 en 4 t. 5) is soos volg:

. Superliga B – Hands & Heart t. All Saints; CPUT t. Bellville; en

. Superliga C: Hamediehs t. Busy Bees / Pniël Villagers; Kraaifontein t. Goodwood.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.