Rugbyspelers van die Excelsior-rugbyklub in Cloetesville is reeds hard aan die werk met voorseisoenoefeninge. Die oefensessies vind elke Maandag en Woensdag om 18:30 plaas, en is ter voorbereiding vir die komende klubrugbyseisoen van die Westelike Provinsie-rugbyunie. Die klub sal ook in Februarie in drie vriendskaplike wedstryde by die Cloetesville-sportterrein in aksie wees – teen Strand United (Saterdag 3 Februarie), Young Stars (Saterdag 10 Februarie) en Silvertree (Saterdag 17 Februarie). Stellenbossers word genooi om hul span in die wedstryde te kom ondersteun. Die toegangsfooi is R10 per persoon en per voertuig. Kinders onder 10 betaal R5. Verversings sal te koop aangebied word.Foto: