Foto ter illustrasie. Foto: Edgar Pimenta/Unsplash


Spanne van die Excelsior-rugbyklub was Donderdag 21 Maart in aksie in ’n sewesrugbytoernooi tydens die jaarlikse sportdag van die Cloetesville-sportraad.

Die manne van Excelsior het teen hul buurmanne van die Blakes-rugbyklub te staan gekom en baie goed in warm toestande gespeel.

Die eindstryd is tussen die eerste en tweede spanne van Excelsior beslis, maar ’n wenner kon aan die einde nie bepaal word nie, met die spanne wat met 19-19 gelykop gespeel het.

Die uitslae van al die dag se wedstryde is soos volg:

  • Excelsior II 35-5 Blakes I;
  • Excelsior I 49-5 Blakes II;
  • Blakes I 10-5 Blakes II;
  • Excelsior II 29-12 Excelsior I;
  • Excelsior I 26-12 Blakes I; en
  • Excelsior I 19-19 Excelsior II.

You need to be Logged In to leave a comment.