Excelsior op die wenpad

Excelsior-rugbyklub het die afgelope Saterdag (2 September) op hul tuisveld die span van Temperance-rugbyklub in gietende reën met 34-7 verslaan.


Excelsior-rugbyklub het die afgelope Saterdag (2 September) op hul tuisveld die span van Temperance-rugbyklub in gietende reën met 34-7 verslaan.

Die eendeweer het Excelsior soos ’n handskoen gepas en die tuisspan het binne vyf minute met ’n strafskop deur die losskakel, Morgan Wentzel, die voortou geneem (3-0).

Ná mooi ondersteunde spel tussen voor- en agterspelers duik Excelsior se regtervleuel oor in die hoek. Die doelskop was mis (8-0). Temperance antwoord dadelik met ’n verdoelde drie in Excelsior se guns bring (8-7).

Skaars ’n minuut later druk Wentzel weer onder die pale en verdoel sy eie drie, met die telling 15-7 vir Excelsior.

Harde woorde deur die afrigters moes gedurende lemoentyd op die regte ore geval het, want Wentzel het ná halftyd weer gaan druk nadat byna die hele span die bal hanteer het. Melrique Hendricks slaag met die doelskop (22-7).

Die lenige oopkantflank, Geraldo Willemse, gaan druk kort daarna in die hoek (27-7), gevolg deur ’n drie deur die woelwater-skrumskakel, Ethan du Toit, vir sy span se bonuspunt ná ’n vinnige tikskoppie. Wentzel slaag met sy doelskop en bring die telling op na 34-7 vir die tuisspan.

. Excelsior speel Saterdag weg teen La Motte Wanders. Oefentye is Maandae en Woensdae om 18:00 en belangstellendes kan Washfi by 076 710 1244 kontak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.