
Die Excelsior-rugbyklub het Saterdag (2 Desember) sy uitblinkers van die seisoen by sy jaarlikse prysuitdeling vereer. Spelers, ondersteuners en bestuurslede het vir die spoggeleentheid, wat by die Eike-saal in Cloetesville gehou is, in deftige klere geskitter. Laythom Small (links) ontvang die prys van die klub as Beste agterspeler by die hoofafrigter, Sedick Cornelson.

JP Onverwacht stap vanjaar met die trofee as Sportman van die Jaar weg.

Saeed Cornelson is as Excelsior-rugbyklub se beste voorspeler gekroon.

Die klub se ondervoorsitter, Washfi Cornelson, (links) en voorsitter, Faiyaad Waja, deftig uitgevat in hul klubbaadjies.

Die hoofafrigter, Sedick Cornelson, oorhandig vanjaar die Ysterman-toekenning aan Johan Wentzel.

Morgan Wentzel het vanjaar die pryse gewen vir Speler van die Jaar asook die Spelers se Speler van die Jaar.