Die eerste span van Excelsior-rugbyklub het Saterdag 15 Maart op die B-veld van die Danie Craven-stadion ‘n goeie vertoning gelewer om sy opwarmingswedstryd teen die Retreat-rugbyklub met 12-7 te wen.
Ná rustyd begin die tuisspan die een aanval ná die ander, en een van hierdie aanvalle word in punte omgeskakel toe die oopkantflank Lleyton Koopman oor die lyn vir ‘n onverdoelde drie duik (12-0).
Kort daarna druk die Retreat-senter, Lindon Matthews, onder pale en die besoekers se stelskopper, Lorenzo Gordon, slaag met die doelskop (12-7). Geen punte is daarna aangeteken nie en Koopman is met die eindfluitjie as die speler van die wedstryd aangewys.
Excelsior het die daaropvolgende Saterdag (22 Maart) teen Young Gardens by die Cloetesville-sportterrein gespeel.
• Die plaaslike klub nooi alle belangstellendes na sy oefensessies Maandag en Woensdag om 18:30 by die Cloetesville-velde. Vir meer inligting, bel gerus die hoofafrigter, Sedick Cornelson, by 073 599 8642.