Wynliefhebbers en natuurentoesiaste kan uitsien na die 2023-uitgawe van die geliefde Fairview Goat Run en liefdadigheidsgeleentheid wat Saterdag (21 Oktober) by Fairview-wynlandgoed plaasvind.
Hierdie jaarlikse geleentheid maak voorsiening vir deelnemers van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke en bied ’n 28 km-, 15 km-, 8 km- en 5 km-roetedraf langs die pragtige en ikoniese Paarlberg, en ook ’n 5 km-pretstap.
Daar is ook die Daniel & Vriende stoot-stap-vorentoe van 5 km vir diegene in ’n rolstoel of ouers met klein kinders in ’n stootwaentjie (die persoon wat die rolstoel of waentjie stoot hoef nie te betaal nie).
En boonop gaan inskrywingsfooie van die Goat Run meestal aan liefdadigheidsorganisasies wat finansiële hulp dringend nodig het, geskenk word. Dan ook, jy kry steeds die beste geskenk-sakkie ooit!
Drawwers en stappers kan ’n ware bederf van ’n roete verwag, vanaf die wingerde tot op die fynbos-plantegroeihange en boonste dele van die Paarlberg-natuurreservaat. Die byeenkoms maak voorsiening vir alle vlakke van hardlopers, maar vir die meer avontuurlustige “bokdraers” sluit die uitdagende 15 km- en 28 km-opsies die bestyging van die treffende Paarl-rots in.
Inskrywingskoste wissel tussen R700 en R250, terwyl die Daniël en Vriende-kategorie R150 is. Deelnemers sal ’n geskenk-sakkie en t-hemp ontvang en kinders tot die ouderdom van 8 jaar stap gratis, maar sal nie ’n geskenk-sakkie ontvang nie.
Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ’n aantal lekkernye op die dag, insluitend musiek en skattige bokkinders, en kan soos altyd na Fairview of die nabygeleë Spice Route gaan vir lekkernye wat wissel van wyn, kaas en patisserie-lekkernye tot sjokolade, biltong en bier.
Alle soorte eet- en drinkgoed, insluitend Goats do Roam- en Fairview-wyne en plaaslik gebroude bier, sal aangebied word.
Afstande en begintye: 28 km (07:30); 15 km (08:00); 8 km (08:15); 5 km hardloop (08:30); en 5 km pretstap (08:45).
Begunstigdes van die Goat Run is Drakenstein Hospice; Sonneblomfonds; Daniel en Vriendefonds en Jurie du Toit-outismesentrum.
- Vir inskrywings besoek: entryninja.com.