Fietsryer op R45 in Franschhoek getref

’n Man wat Maandag douvoordag op die R45 in Franschhoek op sy fiets op pad huis toe was, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n voertuig hom getref het.


’n Man wat Maandag douvoordag op die R45 in Franschhoek op sy fiets op pad huis toe was, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n voertuig hom getref het.

Kurt Maske van ER24 het die Eikestadnuus ingelig dat die beseerde fietsryer per ambulans na die Mediclinic Paarl geneem is.

“Die ongeluk is om 06:30 aangemeld en het op die pad reg oorkant Hey Joe Brewing Company plaasgevind. Hy was van sy werkplek, waar hy glo as veiligheidswag nagskof gewerk het, na sy huis onderweg,” vertel Maske.

Maske sê minstens twee ambulanse sowel as die polisie was op die toneel teenwoordig.

Volgens die Franschhoek-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Frederick Rossouw, was die betrokke voertuig wat die man getref het, met die polisie se aankoms steeds op die toneel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.