Drie gr. 9-leerders aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, is onlangs as die provinsie se beste junior debatspan by die Dink-of-Sink-debatfees aangewys.
Die drie is Natalie Visser, Melissa Ducharme en Andrea Visser,
Ná drie uitdunrondes en ’n halfeindronde het Melissa, Natalie en haar tweelingsussie Andrea teen?Parel Vallei?te staan gekom waar hulle moes redeneer dat Afrikaanssprekendes nié Afrikaans se grootste vyand is nie — ’n debat wat hulle gewen het en sodoende as die wenners van die junior afdeling gekroon is.
Paul Roos Gimnasium?het vanjaar weer die senior afdeling gewen en sal saam met Bloemhof se junior span aan die nasionale eindronde in Oktober deelneem.
Dié twee Stellenbosse skole was in 2017 die algehele wenners van die Dink-of-Sink-debatfees. V Die kompetisie word deur die Hoërskool DF Malan, Die Burger en Afriforum aangebied.