Forum hou betoging

Lede van die Pniël-gemeen­skapsontwikkelings­forum (PGF) het op Jeugdag ’n stille betoging op Die Werf in Pniël gehou, waar ’n memorandum aan die wyksraadslid Ralphton Adams oorhandig is.


Lede van die Pniël-gemeen­skapsontwikkelings­forum (PGF) het op Jeugdag ’n stille betoging op Die Werf in Pniël gehou, waar ’n memorandum aan die wyksraadslid Ralphton Adams oorhandig is.

Die forumvoorsitter, Lilburne Cyster, het die oorhandiging in die teenwoordigheid van prof. Thuli Madonsela, bekleër van die Universiteit Stellenbosch se Regstrust se leerstoel vir maatskaplike geregtigheid, gedoen.

Mandonsela het na afloop van haar jaarlikse #Actionn4Inclusion-staptog van die Braak na Pniël ’n kort praatjie by die betoging gelewer en self ook die memorandum onderteken en haar daartoe verbind dat die universiteit van sy kant af waar hy ook betrokke sal raak, die gemeenskappe sal help.

Die forum se vrese oor die toename in hoëinkomste­ontw­ikkelings in die dorpies is ook in die memorandum uitgespel.

Volgens die betogers spruit die ontevredenheid uit die feit dat voorsiening nie gemaak word vir inwoners van die dorpies wanneer sulke ontwikkelings plaasvind nie. “Hierdie ontwikkelings dra daartoe by dat die eiendom asook eiendomsbelasting onbekostigbaar raak, wat inwoners dan noodsaak om ’n ander heenkome te soek,” sê Cyster.

Die kantoor van die burgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit het teen Vrydag (17 Junie) erkenning van ontvangs van die memorandum gegee.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.