Imbali Wes-Kaap, wat jare lank reeds visuele geletterdheidsprogramme in Kylemore aanbied, het die afgelope Saterdag (8 November) sy jaarlikse uitstalling van kinderkuns van uitstaande gehalte by die Freda en Bernard Podlashuc-sentrum in Skoolstraat, Kylemore, gehou. Soos in die verlede het Nelis Koegelenberg (voor, tweede van links), voorheen die hoof van die PJ Olivier-kunsskool in Stellenbosch, die geleentheid geopen. Hy het die leerders van die kunsskool, wat wissel van drie tot 16 jaar, geloof en gesê hulle kan waarlik trots wees op die kuns wat hulle lewer. By hom is Alexis Hanslö (heel links, agter), die leier van die kunsonderwysers by die sentrum, en die leerders wat verantwoordelik was vir die pragtige muurbehangsel – Jamie Leibrandt, Chemique Williams, Olivia le Roux, Chanté Smal, Chrishande Muller, Shannon Small en Jaydene Alexander. Foto: Elsabé Retief

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article