Foto-uitstalling vier begin van demokrasie

’n Keur uit die foto’s van die 1994-verkiesing deur die talentvolle Paul Weinberg word tans by die Universiteit Stellenbosch (US) se museum uitgestal.


’n Keur uit die foto’s van die 1994-verkiesing deur die talentvolle Paul Weinberg word tans by die Universiteit Stellenbosch (US) se museum uitgestal.

Die uitstalling is Dinsdag (30 April) met ’n gesprek tussen Weinberg en prof. Pumla Gobodo-Madikizela van die US geopen, en is deel van verskeie geleenthede by die US vanjaar ter herdenking van 30 jaar se demokrasie in Suid-Afrika.

Weinberg is ’n fotograaf, kurator, filmmaker, skrywer, opvoedkundige en argivaris.

Hy het in die vroeë 1980’s sy loopbaan begin deur vir Suid-Afrikaanse organisasies sonder winsbejag te werk en aktuele gebeure vir plaaslike en buitelandse koerante te af te neem.

Hy is ’n stigterslid van Afrapix en South, die kollektiewe foto-agentskappe wat plaaslike en internasionale erkenning ontvang vir hul rol in die dokumentasie van Apartheid, en die populêre weerstand daarteen. Sedert 1990 lê hy hom toe op in-diepte- projekgebaseerde fotografie.

Gobodo-Madikizela beklee die Suid-Afrikaanse nasionale navorsingsleerstoel in gewelddadige geskiedenisse en transgenerasionele trauma en is die direkteur van die sentrum vir die studie van die nadraai van geweld en die soeke na herstel aan die US. Haar navorsingsbelangstelling lê in historiese trauma en die intergenerasionele gevolge daarvan en wat die soeke na die “herstel” van hierdie transgenerasionele gevolge kan beteken.

Sy publiseer wyd oor slagoffers en oortreders van growwe menseregteskendings, sowel as oor vergifnis en berou.

Die uitstalling, An End to Waiting, is weeksdae vanaf 09:00 tot 16:30 tot einde Julie by die US-museum te sien.


V

Kontak Marietjie Oelofsen by hmoelofsen@sun.ac.za vir meer inligting oor die uitstalling en ander US-geleenthede wat 30 jaar van demokrasie herdenk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.