Gemeenskapslede en samestellers by die bekendstelling van 'n boek oor Kylemore se geskiedenis. Van links is Julian Keet, Elizabeth Carolissen, Cynthia Jacobs, Alma Carolissen, Ralph Jacobs, Mona Koopman en Christian Koopman.
Gemeenskapslede en samestellers by die bekendstelling van ‘n boek oor Kylemore se geskiedenis. Van links is Julian Keet, Elizabeth Carolissen, Cynthia Jacobs, Alma Carolissen, Ralph Jacobs, Mona Koopman en Christian Koopman.

‘n Groep passievolle skrywers het onlangs – op Erfenisdag (Woensdag 24 September) – ‘n boek oor herinneringe en verhale van Kylemore bekendgestel.

Die Kylemore Groep 124 het sy ontstaan in 2012 gehad, met die doel om ‘n publikasie oor Kylemore en sy geskiedenis die lig te laat sien.

Gemeenskapslede en samestellers by die bekendstelling van 'n boek oor Kylemore se geskiedenis. Van links is  Julian Keet, Elizabeth Carolissen, Cynthia Jacobs, Alma Carolissen, Ralph Jacobs, Mona Koopman en Christian Koopman.
Gemeenskapslede en samestellers by die bekendstelling van ‘n boek oor Kylemore se geskiedenis. Van links is Julian Keet, Elizabeth Carolissen, Cynthia Jacobs, Alma Carolissen, Ralph Jacobs, Mona Koopman en Christian Koopman.

Vanjaar het die groep sy boek, Kylemore Historiese Oorsig, gepubliseer en dit by die plaaslike laerskool met die gemeenskap gedeel.

Meer as 100 inwoners en lesers het by P.C. Pietersen Primêr byeengekom om met die samestellers te gesels en ‘n eksemplaar te koop.

“Dié koffietafelboek is ‘n poging van die samestellers om ‘n blik oor die wel en weë van die dorp sedert sy ontstaan in 1898 te gee. Ons het grootendeels op inligting van die dorp se inwoners staatgemaak,” verduidelik Cynthia Jacobs, ‘n lid van die groep en ‘n mede-samesteller van die boek.

Die Kylemore Groep 124 sê die boek dien slegs as ‘n voorloper vir ‘n meer omvattende en kritiese opskrywing van die dorpsgeskiedenis en sal mettertyd verskyn.

Die samestellers sê dit is ‘n groot eer om die boek aan al Kylemore se inwoners, maar hoofsaaklik die tweede geslag van hierdie rustige Stellenbosse dorp, op te dra – insluitend Johannes D. Brandt, apostel Piet Swartz, Caroline Keet, Isabel Jackson, Johanna Geduld, Joyce Adams en Eva Williams.

You need to be Logged In to leave a comment.