‘n Brand het rondom 12:00 op Simonsberg in Stellenbosch uitgebreek.
Ian Ross van Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit sê die brand het reeds versprei.
Hy sê geen eiendom is op die oomblik in gevaar nie.
Helikopters en grondspanne probeer tans keer dat die brand verder om die linkerkant van die berg versprei.
Nadine Williams was op die toneel.