Die personeel en leerders van Froggies Aftercare in Devonvallei het nie toegelaat dat die reënweer hul familie-sportdag die afgelope Saterdag (4 Mei) by dié plaaslike laerskool bederf nie. Dié naskoolse program het ’n sportdag gehou en saam met die fietsry, braai en gesig-verf was almal ook op die nat netbalbaan, waar die ouers teen hul kleintjies gespeel het. Foto’s: Yaël Malgas


Braaiers Gerry Thomas en Juan Fernandez het seker gemaak daar is genoeg eetgoed vir almal. Foto: Yaël Malgas

Eddie Julies, Gerry Thomas, Juan Goliath en Juan Fernandez het die domino’s tydens die sportdag laat klap.Foto: Yaël Malgas

Die Universiteit Stellenbosch-studente Emma Allkin en Cailin Flynn maak seker die broers Ivandré (9) en Marko Meyer (14) se gesiggies is prettig opgemaak vir die geleentheid. Foto: Yaël Malgas

Aislin September probeer ’n kiekie van Ciaro Jullies (8 maande) en Utian September (1 jaar oud) kry. Foto: Yaël Malgas

Mariana van Wyk was een van die vele ouers wat die kleinspan op die netbalbaan aangevat het. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.