Elsabe Farao en Noa Wiiliams by hul stalletjie met handgemaakte naaldwerkitems. Foto: Yaël Malgas
Elsabe Farao en Noa Wiiliams by hul stalletjie met handgemaakte naaldwerkitems. Foto: Yaël Malgas

Die Idasvallei-familiemark ontwikkel vinnig in ‘n gemeenskapsinstelling – soos die span agter dié mark gehoop het.

Volgens Chanre Williams, wat die bemarking behartig, sien die verkopers reeds uit na die Kersfees-mark wat vir Desember beplan word.

Die eerste mark is in September gehou en dit sal nou elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 by die markgebied op die hoek van Rustenburg- en Sonnebloemweg (oorkant die Puma-vulstasie) plaasvind.

“Idasvalleiers is welkom om verkopers te word. Ons doel is om samehorigheid te bevorder en te wys wat moontlik is wanneer die gemeenskap saamkom om saam te bou,” sê Williams.

Besoek “Idas Valley Community Market” op Facebook en Instagam om van die markgebeure op hoogte te bly.

Blaai deur die foto-galery:

  • Shirley Timmey van Shirley's Tea & Wraps is reg met smaaklike tee en al die benodighede om toeboordjies vars te hou. Foto: Yaël Malgas
  • Mohammed Parker beman die braai van Wahid's Kitchen wat smullekker Halaal-maaltye op dis. Foto: Yaël Malgas
  • Ansell en Megan Langeveldt help kliënte van Veldt Fresh om al hul groente vir die week aan te skaf. Ansell is 'n plaaslike boer met bedrywighede en Veldt Fresh was een van die eerste stalletjies by die weeklikse mark. Foto: Yaël Malgas
  • Daphne Gabriels, van Tersia's Tasty Treats, help 'n kliënt met bederfie vir sy soettand. Foto: Yaël Malgas
  • Elsabe Farao en Noa Wiiliams by hul stalletjie met handgemaakte naaldwerkitems. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.