Jonk en oud het Saterdag (27 Januarie) die strate van Stellenbosch ingevaar vir die kleurvolle jaarlikse oesparade. Orkeste, Kaapse Klopse, trompoppies, boere, wynmakers en plaaswerkers het die strate in helder versierde vlotte, vragmotors en trekkers gevul. Die spelers van Stellenbosch FC was ook deel van die parade en het die Carling Knockout-beker, wat hulle in Desember gewen het, ten toon gestel. Die burgemeester, adv. Gesie van Deventer, en die provinsiale minister van landbou, dr. Ivan Meyer, was van dié wat die skare by die Stellenbosch-stadsaal toegespreek het voor ’n seremonie om die oes met goeie moed te seën. Foto: Francois Lombard


harvest parade

Juan-Mari van Jaarsveld, Caitlynn Viljoen en Jani Smalberger het Elsenburg in die parade verteenwoordig. Foto: Francois Lombard
harvest parade

Die plaaswerkers van Lanzerac was kreatief en het ’n oulike (en besige) pars-toneel op hul pragtige vlot uitgebeeld. Foto: Francois Lombard
harvest parade

Dié Kaapse Klopse-groep het die parade met ritmiese musiek en vinnige danspassies gelei. Foto: Tasmin Cupido
harvest parade

Die jongspan van Beyerskloof het met hul helderrooi klere uitgestaan. Foto: Tasmin Cupido
harvest parade

Die Westelike Provinsie-optogorkes het styl en elegansie aan die feestelike geleentheid verleen. Foto: Tasmin Cupido
harvest parade

Stellenbosch FC se Deano van Rooyen en kaptein Lee Langeveldt het die skare met die Carling Knockout-beker bekoor. Foto: Tasmin Cupido
harvest parade

Dr. Ivan Meyer, die provinsiale minister van landbou, was deel van die parade en het self sy trekker bestuur. Foto: Tasmin Cupido

You need to be Logged In to leave a comment.