Spanne van die KDP-netbalklub in Klapmuts het vanjaar uitstekend op die netbalbaan gevaar en die dorp se naam omhoog gehou. Die klub, wat die afgelope twee jaar op die ontwikkeling van jong spelers fokus, speel in ligas van die Stellenbosch-distriknetbalunie en het vanjaar altesaam 10 trofeë tydens die unie se prysuitdeling opgeraap. Die geleentheid is Saterdag 9 Desember in die saal van Cloetesville Primêre Skool aangebied. Hier spg lede van die KDP-netbalklub met hul toekennings.


kdp-netbalklub

Dié twee spelers van die KDP-netbalklub, Asekho Magxwalisa (links) en Laura-Lee Mouton, het die klub tydens die Cape Winelands-kompetisie verteenwoordig. Hulle is by die prysuitdeling vir hul deelname aan die kompetisie vereer.
kdp-netbalklub

Die klub se bestuur spog met hul klub se pryse. Van links is Leticia Pietersen (stigter), Edward Pietersen (voorsitter) en Gillian Joubert (afrigter).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article