FOTO’S: Van der Stel-Evergreens vereer sy uitblinkers

Die prysuitdeling van die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub is Saterdag (4 November) in die Van der Stel-saal gehou en die tema was The Great Gatsby.


Die prysuitdeling van die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub is Saterdag (4 November) in die Van der Stel-saal gehou en die tema was The Great Gatsby.

Spelers, bestuurslede en afrigters is vereer vir hul bydra op die veld en agter die skerms in die se doel om volgende seisoen in die WP-Rugbyunie se Superliga B-kompetisie mee te ding.

Vanjaar het Van der Stel-Evergreens ook die eerste keer ’n o.20-span op die veld gestuur en die wenners van dié span se pryse is, van links, Tyron Cilliers (beste voorspeler), Marshall Julies (beste agterspeler), en Sebastian Johnson (kaptein en speler van die jaar). By hulle is die spanbestuurder, Avril Fillies.Foto:

Van links het Damian Harmse die beker ontvang vir die tweedespanspeler met die grootste vordering, terwyl Wendell Dirks as die agterspeler van die jaar (eerste span) en speler van die jaar aangewys is, en Chadlin Adams is as die derde­spanspeler met die meeste vordering aangewys.Foto:

Bronwin Gurrah (middel), eerstespankaptein, het die beker as die beste voorspeler in die eerste span en die mees netjiese speler ontvang. By hom is Joseph Pietersen, ondervoorsitter, en sy vrou, Fuzlin.Foto:

Chadley Lakey is as die sportman van die jaar aangewys. By hom is sy trotse vrou Colleen.Foto:
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.